| |||||
Nasionale leuse: Pride and Industry (Engels vir: "Trots en ywer") | |||||
Volkslied: In Plenty and in Time of Need (Engels vir: "In rykdom en in tye van nood") | |||||
Hoofstad | Bridgetown | ||||
Grootste stad | Bridgetown | ||||
Amptelike tale | Engels | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike republiek Sandra Mason Mia Mottley | ||||
Onafhanklikheid | 30 November 1966 30 November 2021 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
439 km2 (183ste) 169 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - 2019-skatting - 2010-sensus - Digtheid |
287 025[1][2] (182ste) 277 821[3] 660 / km2 (15de) 1 709,4 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
MOI (2019) | 0,814[5] (58ste) – baie hoog | ||||
Geldeenheid | Dollar (BBD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
AST (UTC-4) nie toegepas nie (UTC-4) | ||||
Internet-TLD | .bb | ||||
Skakelkode | +1-246 |
Barbados (Engels: [bɑːrˈbeɪdɒs] of [bɑːrˈbeɪdoʊs], ; Portugees en Spaans vir: "bebaard") is ’n eilandstaat ten ooste van die Karibiese See in die Atlantiese Oseaan en noordoos van Venezuela.[6] Dit is die mees oostelike eiland van die Karibiese Bowindse Eilande. Hierdie eilandstaat in Noord-Amerika beslaan ’n oppervlakte van 439 km² en het ’n bevolking van 287 025 in 2019 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Bridgetown, waarvan die historiese middestad in 2011 as Unesco-wêrelderfenisgebied gelys is.
As eerste Europeërs het die Portugese Barbados op pad na Brasilië bereik en dit is deur die Portugese ontdekkingsreisiger Pedro a Campos Los Barbados ("die bebaarde") genoem. Dié eiland is aansluitend deur die Portugese en die Spaanse Ryk opgeëis, maar nooit deur hulle gekoloniseer nie. Op 14 Mei 1625 het die eerste Engelse skip met koloniste Barbados bereik én dié eiland is tydens die volgende Britse koloniale bewind veral deur Engelse, Iere en Skotte bevolk én by die Britse Ryk ingelyf. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in die Karibiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie. Ná 339 jaar onder Britse heerskappy het Barbados op 30 November 1966 ten volle van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. Sedertdien was dit ’n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond met Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk as die staatshoof van dié land. Die naam van Barbados is soortgelyk aan dié van Barbuda, een van die twee hoofeilande van die Karibiese eilandstaat Antigua en Barbuda, wat deur die Spanjaarde Las Barbudas ("die bebaardes") genoem is. Die internasionale popster Rihanna is ook ’n boorling van Barbados.[6]
Op 15 September 2020 het die regering van Barbados aangekondig, ter geleentheid van die 55ste onafhanklikheidsdag op 30 November 2021 ’n republikeinse stelsel in te voer en met die monargie weg te doen.[7] Op 30 November 2021 het die sittende goewerneur-generaal Sandra Mason koningin Elizabeth II as staatshoof vervang en die eerste president van Barbados geword.[8]